Afgesien van belastingvrye spaarplanne en uittree-annuïteitsfondse is daar verskeie ander instrumente waarin beleggers kan belê (oftewel “spaar”). Effektetrusts en genoteerde aandele wat verhandel op ‘n effektebeurs is enkele voorbeelde hiervan. Waar spaargeld belê word met ‘n langtermyn beleggingshorison, bestaan daar normaalweg beduidende groeipotensiaal in die waarde van die beleggings en gevolglik moet daar met twee tipes belasting rekening gehou word, nl. kapitaalwinsbelasting (KWB) en boedelbelasting (BB). KWB is betaalbaar wanneer ‘n belegging teen ‘n wins van die hand gesit word, terwyl BB betaalbaar is op die waarde van bates wat deur ‘n individu besit word met afsterwe.
Hier volg twee wenke om jou beleggings “belastingslim” te bestuur:
Die oordrag van groeibates na ‘n trust kan uiters voordelig wees uit ‘n boedel- en belastingbeplanningsoogpunt.
Hoe vroeër hierdie herstrukturering plaasvind, hoe beter. Alhoewel alle kapitaalwinste bo R30 000 onderhewig sal wees aan KWB met oordrag van die groeibates aan die trust, is dit ‘n klein prys om te betaal vergeleke met die eksponensiële hoër toekomstige belastingaanspreeklikhede waarvoor die boedel noodwendig verantwoordelik sal wees met afsterwe.
Dis belangrik dat bostaande inligting nie in isolasie oorweeg moet word nie. Dit behoort egter oorweging te geniet as deel van ‘n oorhoofse en volledige boedelbeplanningstrategie.
Kontak gerus u verantwoordelike direkteur, of vir Danie van Zyl by danie@asl.co.za of 021 840 1600 indien u verdere inligting in hierdie verband benodig.