Foreword
June 18, 2020
Special offer: Cash flow health check
June 18, 2020

Voorwoord

Click here for ENLISH

“At its best, life is completely unpredictable” – Christopher Walken

Die bogenoemde stelling sal sekerlik die mees gepaste beskrywing wees wanneer ons oor bykans 6 maande van nou af terugkyk op 2020.

Ten tyde van hierdie skrywe is Suid-Afrika reeds vir 9 weke onder grendel weens COVID-19, en as ons na die voorspellings van die adviseurs luister, is die einde nog lank nie in sig nie. Elke lewensverlies aan COVID-19 is ‘n lewe te veel. Net so kan ons nie die ekonomiese impak van COVID-19 op ons land miskyk nie – elke besigheid wat tans in die waaksaal stoei om oorlewing, is indirek ‘n lewensaar vir talle broodwinners wat moontlik hul inkomste kan verloor weens afleggings.

Alhoewel die toekoms nie rooskleurig lyk nie, het Suid-Afrikaners in die verlede al telkemale gewys: wanneer ons swak is, is ons eintlik op ons sterkste. Dink maar aan die Springbokke se opgang tydens die 2019 Wêreldbeker-rugbytoernooi.

Dit is ons wens dat elke kliënt, besigheidskennis en diensverskaffer van ASL nog ongeskonde en veilig is. Ons is nooit verder as ‘n oproep of ‘n e-pos weg nie. Tree gerus met ons in verbinding indien jul enige bekommernisse het wat ons dalk mag aanspreek. Mag ons mekaar binnekort aan die ander kant van hierdie storm sien – sterker en beter as ooit tevore.