Introduction
March 17, 2020
Xero’s getting even better – with Hubdoc
March 17, 2020

Voorwoord

Click here for ENGLISH

Ons eerste nuusbrief, waarmee ons die jaar afskop, is propvol inligting oor relevante onderwerpe aan al ons kliënte, besigheidsvennote en vriende. Ons hoop julle geniet dit net soveel soos wat ons dit geniet het om dit saam te stel!

Een van ASL se fokusareas hierdie jaar is om opnuut na ASL se interne prosesse te kyk en, indien nodig, dit meer te verfyn en vaartbelyn te maak. Ons het dus ons maandelikse nuusbrief en die proses daarmee gemoeid in heroorweging gebring, en tot die slotsom gekom dat die Engelse frase “less is more” ook hier van toepassing is. Voortaan sal ons nuusbrief dus slegs kwartaalliks verskyn, maar met meer artikels en nuus om u ingelig en op hoogte te hou op dit wat relevant is in die besigheidswêreld.

Ons hoor graag u terugvoer en kommentaar asook voorstelle indien daar ‘n spesifieke onderwerp is waarvan u graag meer sal wil hoor.

Mag 2020 vir elkeen van ons lesers ‘n vaartbelynde jaar wees met ongekende sukses en voorspoed!