Gesonde balans word aangemoedig
June 13, 2012
Income tax certificates: Individuals
June 13, 2012

Talentvolle leerlingrekenmeesters benodig

Ons is tans besig met die werwing van leerlingrekenmeesters vir 2013. As jy oor die nodige kwalifikasie beskik, passievol is oor jou gekose beroep en graag as leerlingrekenmeester wil begin werk in ‘n aangename en ondersteunende omgewing waar die bes moontlike diensvoorwaardes in stand gehou word, hoor ons graag van jou.

Ons stel veral belang in die dienste van kandidate met tersiêre akademiese kwalifikasies soos ‘n Baccalaureusgraad in Rekeningkunde, Bestuursrekeningkunde of Finansiële Rekeningkunde, of enige toepaslike honneursgraad. Doen gerus elektronies aansoek deur na die loopbaanbladsy op ons webtuiste te gaan by http://www.asl.co.za/loopbane.html. Alternatiewelik kan CV’s gestuur word na hr@asl.co.za vir die aandag van Jana Burger. Sy kan ook met navrae behulpsaam wees.

Daar is ook van tyd tot tyd loopbaangeleenthede vir ouditbestuurders, rekenmeesters en boekhouers. Belangstellendes kan op dieselfde wyse as hierbó aansoek of navraag doen.

Onthou dat in alle gevalle verdienstelikheid vir ons die deurslaggewende aanstellingsvereiste is.

Ons bied die geleenthede as jy oor die vaardighede en toewyding beskik.