Die salarisadministrasie van ‘n besigheid is ‘n uiters belangrike taak, tog is dit nie ‘n kern-besigheidsfunksie nie. Die vraag moet gevra word of dit die moeite werd is om dit self te hanteer gegewe die disproporsionele eise wat dit aan tyd en ander hulpbronne van die besigheid stel en veral gegewe hoe dit bydra tot die druk en sperdatums waarmee ‘n sake-eienaar op ‘n deurlopende basis te doen kry. Om op hoogte te bly van die konstante veranderinge wat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) maak, soms sonder behoorlike kennisgewing, dra by tot die nakomingsrisiko van enige besigheid.
Om hierdie rede neem talle besighede die ingeligte besluit om hul salarisadministrasie uit te kontrakteer aan ‘n bevoegde diensverskaffer met opgeleide professionele personeel wat voldoende ondervinding en tegniese kennis het van die hantering van salarisadministrasie en die toepaslike wetlike vereistes.
Met ‘n gesamentlike dertig jaar ondervinding van salarisadministrasie en nakomingswerk vir kliënte in ‘n verskeidenheid van industrieë, is ons toegerus om enige besigheid se salarisse akkuraat en stiptelik te verwerk.
ASL benut nuwe tegnologie tot ons voordeel om effektief te wees in die prosessering van salarisse en kommunikasie met ons kliënte. Dit sluit elektroniese betaalstrokies en verslagdoening in asook integrasie met sekere sogenaamde ‘cloud-based’ rekeningkundige pakkette. Ons dienste kan aangepas word om u besigheid se spesifieke behoeftes aan te spreek, maar sal altyd die volgende elemente bevat:
Uitkontraktering van u besigheid se salarisadministrasie sal die nodige gemoedsrus verskaf dat dit tydig en korrek geprosesseer word in ooreenstemming met die relevante wetlike vereistes. Verder sal dit u meer vryheid bied om te fokus op die kernaktiwiteite van u besigheid.
Moenie huiwer om Jaco van Straaten (jaco@asl.co.za / 021 840 1600) te kontak indien u graag van salarisadministrateurs wil verander of as u oorweging skenk aan die uitkontraktering van u besigheid se salarisadministrasie nie. Ons sal graag met u in gesprek wil tree om te bepaal hoe ons hierdie behoeftes kan aanspreek.