Die voltooiing en indiening van ’n nuwe, aanvullende belastingverklaring – bekend as IT14SD – is Suid-Afrikaanse maatskappye en beslote korporasies se voorland ingevolge ’n besluit van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID). Die verklaring, wat die rekonsiliasie behels van Inkomstebelasting, Belasting op Toegevoegde Waarde, Werknemersbelasting en Aksynsbelasting, sal op skriftelike versoek van die SAID deur die tersake onderneming ingedien moet word.