Nuwe aanstellings
Die volgende persone het in Januarie en Februarie vanjaar by ons span aangesluit. Ons wens hulle alle sukses en werksbevrediging toe by Aucamp Scholtz Lubbe.
Click op prentjie om te vergroot.
Verloof geraak
Adrian De Geus en Carla Kriel het verlede jaar op die strand by Rooi-Els verloof geraak. Hulle sal DV op 7 Junie by Kronenburg buite die Paarl trou en hul dan in Brackenfell vestig. Ons wens hul alles van die beste toe met al die trouereëlings.
In die huwelik getree
Cherilee Lötter (neé Potgieter) en Hannes Lötter het verlede jaar op 30 November in Stellenbosch getrou. Hulle het hul daarna op Gordonsbaai gevestig. Ons beste wense vergesel hulle op die huwelikspad vorentoe.
Babatjie op pad
Ons is baie opgewonde oor Christa Swart en Ben se goeie nuus dat hulle eersteling DV einde Julie sy/haar opwagting sal maak. Ons wens hulle alle voorspoed toe met die swangerskap en die inrig van die babakamer.
Hulle verlaat ons
Tiaan Groenewald
Na drie jaar by ASL verlaat Tiaan ons vir ‘n nuwe werksomgewing. Tiaan is by Romans Mansuitrusters aangestel as Finansiële Bestuurder en Rekenmeester.
Michelle Mulligan
Michelle roep die ouditbedryf vaarwel toe en verlaat ons na vier jaar om ‘n nuwe beroepsrigting in te slaan. Sy is by ALE Heavylift SA aangestel as Rekenmeester.
Ivan Theron
Ivan verlaat ons na een jaar omdat die Pretoriase firma waar hy sy klerkskap gedoen hom ‘n bestuurspos aangebied het.
Ons wens elkeen van hulle sterkte toe op die pad wat voorlê en vertrou dat hulle ook van hierdie nuwe uitdagings ‘n sukses sal maak.