Nuwe personeel
In Mei het ons twee nuwe personeellede by ASL verwelkom. Gia Hindley is aangestel as Ontvangsdame en Christal Siljeur as Maatskappysekretariële Administrateur.
Gia Hindley is in Port Elizabeth gebore maar het in Somerset-Wes grootgeword. Sy het BA Sportwetenskap aan die Universiteit van Stellenbosch gestudeer en het Suid-Afrika in netbal verteenwoordig. Sy is lief vir die natuur en buitelugavonture, draf, branderplank ry, voetslaan en kampeer. Sy geniet ook om kreatief te werk te gaan in die kombuis, om lekker te lag by ‘n braaivleisvuur en om met familie en vriende te kuier.
Christal Siljeur is oorspronklik van Caledon. Sy het aan Boston College gestudeer en het uitgebreide ervaring van die bankwese. Sy is met Francois getroud en hulle het ‘n seun, Mac. Hulle geniet almal die buitelewe en om tyd met familie en vriende deur te bring.
Ons vertrou die twee nuwelinge sal spoedig op dreef kom in ASL en wens hulle die allerbeste toe vir die nuwe reis.
Organiese groei
By ASL glo ons in die skep van ‘n omgewing wat organiese groei moontlik maak. Anders gestel, ons poog om interne groeigeleenthede vir ons werknemers te skep.
Jan Louis Koen het sy SAIGR-leerkontrak in 2016 voltooi en is daarna as Assistentbestuurder in die Ouditafdeling aangestel. Hy sal vanaf Julie as Belastingbestuurder werk. Hy toon belangstelling in hierdie gebied en beoog om sy studies verder te voer in Belasting.
Vir wie roep ons vaarwel toe?
Hanno Kamfer verlaat die diens van ASL aan die einde van Mei om ‘n nuwe werksomgewing te betree. Hy het sy SAIPA-leerkontrak van drie jaar aan die einde van 2016 voltooi en het nog vyf maande in die Rekeningkundige Afdeling aangebly. Hy het ‘n rekenmeestersbetrekking by HeroTel in Stellenbosch aanvaar.
Chrystal-Anne Anthony het ook haar driejaar-SAIPA-leerkontrak aan die einde van 2016 voltooi en was sedertdien as Bestuursrekenmeester in ASL-Adviesdienste werksaam. Sy het ‘n pos as ‘n rekenmeester by The Finance Man in Stellenbosch aanvaar.
Ons wens hulle albei net die beste toe vir die toekoms en bedank hulle vir hul harde werk die afgelope vier jaar!
Huweliksklokkies
Huweliksklokkies lui al die afgelope vyf maande terwyl vier van ons personeellede in die huwelik getree het.
Mag hulle veel liefde en vreugde ervaar in die jare wat voorlê!
Nuwe toevoegings tot ASL se “familiegroep”
Ons beste wense gaan aan hulle terwyl hulle wag vir hul bondeltjie vreugde!