Die Hoofmeester het deur middel van Direktief nr 2 van 2017, wat reeds in Maart vanjaar uitgereik is, verskeie veranderings rakende die administrasie van trusts aangekondig wat deur die onderskeie Meesterskantore toegepas moet word. Die vernaamste veranderings hou verband met die aanstelling van onafhanklike trustees.
Met die nuwe reël word daar van die Meester vereis om ‘n onafhanklike trustee aan te stel waar ‘n trust vir die eerste keer by die Meester geregistreer word en wanneer die trust ‘n sogenaamde “Familie Besigheidstrust” is.
‘n “Familie Besigheidstrust” is ‘n trust met die volgende kenmerke:
Verder word daar van ‘n onafhanklike trustee verwag om ‘n persoon te wees met kennis, integriteit, vaardigheid en ‘n professionele benadering. Die onafhanklike trustee moet verkieslik ook die volgende eienskappe besit:
Die Meester mag in sekere omstandighede eie reg gebruik en nie ‘n onafhanklike trustee aanstel nie, maar eerder een van die volgende alternatiewe gebruik:
Dit is hoogs waarskynlik dat, waar die Meester ‘n versoek ontvang om nie ‘n onafhanklike trustee aan te stel nie, hy sal aandring op sekuriteit deur die trustees en sal vereis dat die trust se finansiële state geouditeer word.
Nominasie van die onafhanklike trustee
Indien die trustinstrument nie voorsiening maak vir die aanstelling van ‘n onafhanklike trustee nie, maar die Meester vereis dat sodanige trustee aangestel moet word ooreenkomstig afdeling 7(2) van die Wet op die Beheer oor Trustgoed, moet die volgende persone geraadpleeg word om nominasies vir ‘n onafhanklike trustee te verkry:
Die Meester word nie gebind deur die nominasies nie en mag ‘n ander geskikte persoon aanstel as die wat genomineer is. Meesters word in die direktief aangeraai om slegs hierdie optrede te volg in uitsonderlike omstandighede.
Bedanking van die onafhanklike trustee
Indien die onafhanklike trustee in die trustakte aangestel is en die trustakte maak voorsiening vir die plaasvervanging van sodanige trustee, moet die bepalings in die trustakte vir sodanige plaasvervanging gevolg word, en moet die Meester sodanige opvolgertrustee magtig, mits hierdie persoon aan al die vereistes van onafhanklikheid voldoen.
Waar die onafhanklike trustee bedank na aanstelling deur die Meester, mag die Meester, indien hy/sy dit raadsaam vind, die onafhanklike trustee vervang. Die opvolgertrustee moet op dieselfde manier geïdentifiseer word as die onafhanklike trustee wat nou vervang word.
Die onafhanklike trustee se vergoeding
‘n Onafhanlike trustee is geregtig op vergoeding net soos enige ander trustee in daardie trust. Indien die trustakte voorskrifte rakende die vergoeding bevat, is die trustee geregtig op daardie vergoeding. Indien die trustakte nie die vergoeding spesifiseer waarop die trustee geregtig is nie en die partye kan nie op ‘n fooi ooreenkom nie, moet die Meester afdeling 22 van die Wet op die Beheer oor Trustgoed, 57 van 1988, gebruik om ‘n billike fooi vas te stel. In Griese v Bonkkorp Trust Bpk 1990 (2) SA 328 (0) het die hof riglyne aan die Meester voorsien om die trustee se vergoeding te bepaal.
Slot
Gegewe die rigting waarin trustadministrasie en die fokus op trusts in SA beweeg, is dit raadsaam vir die trustoprigter om oorweging daaraan te skenk om uit die staanspoor onafhanklike trustees aan te stel. Dit is ‘n stap wat sal verhoed dat die Meester inmeng by die administrasie van die trust.
ASL Trust kan as onafhanklike trustee optree. Indien u ons dienste in hierdie verband in meer besonderhede wil bespreek, kontak gerus u Verhoudingsdirekteur.