Paragraaf 12(5) van die Agste Bylae van die Inkomstebelastingwet is op 1 Januarie 2013 geskrap en vervang met ‘n nuwe paragraaf 12A wat in sekere omstandighede verligting gee vir die betaling van kapitaalwinsbelasting op die afskrywing van skuld.
Hierdie nuwe bepalings het op 1 Maart 2013 in werking getree.
Die wysiging bepaal dat daar steeds kapitaalwinsbelasting betaalbaar is wanneer ‘n skuld van ‘n skuldenaar verminder of afgeskryf word, maar dat daar twee uitsonderings is:
Die betrokke wetswysigings bepaal dus in wese dat:
Laasgenoemde bepaling is veral te verwelkom gesien die probleme wat tot nog toe geskep is met die bewoording van testamente in gevalle waar erfgename of ‘n familietrust lenings aan testateurs verskuldig is. Dit is dus nou weer moontlik om ‘n leningsrekening tussen die erflater en ‘n trust bloot as ‘n legaat aan die trust te bemaak, wat dus in wese neerkom op die vermindering van ‘n skuldverpligting van die trust.
In die lig van hierdie onlangse wysigings aan die Inkomstebelastingwet moedig ons kliënte opnuut aan om ‘n skenking te maak ten einde op die langer termyn ‘n besparing in boedelbelasting te verseker.
Om die voordele van ‘n skenking ten beste te benut moet die volgende in gedagte gehou word:
Vir verdere inligting of advies in hierdie verband of vir hulp met die maak van ‘n skenking kan daar met Sonja Viljoen (sonjav@asl.co.za) van ons kantoor geskakel word.