Erfporsies en die nalaat van bates is dikwels ‘n sensitiewe onderwerp vir families. ‘n Gebrek aan opvolgbeplanning asook deurlopende kommunikasie tussen familielede, kan baie keer tot heelwat konflik en ongelukkigheid lei na die afsterwe van ‘n geliefde.
Een praktiese manier om te verseker dat naasbestaandes se belange beskerm word, is die opstel van ‘n deurdagte boedelplan en die samestelling van ‘n geldige testament wat die oorledene se wense vir die verdeling van bates weerspieël.
Wanneer ‘n persoon intestaat sterf (d.w.s. sonder dat daar ‘n geldige testament bestaan), kan dit verreikende gevolge vir die oorledene se afhanklikes inhou. In so ‘n geval geld die Wet op Intestate Erfreg wat spesifieke riglyne vir die verdeling van bates aan intestate erfgename bepaal. Alhoewel ‘n oorledene se intestate erfgename gewoonlik die persoon se naasbestaandes is, is dié erfgename nie noodwendig die mense aan wie die oorledene sy of haar bates wou nagelaat het nie en word die oorledene se spesifieke wense nie in ag geneem met die verdeling van bates nie. Verder word die verdeling van bates nou oorgelaat aan ‘n Eksekuteur wat aangestel word deur die Meester van die Hoër Hof, wat nie aan die familie bekend is nie en dus onbewus is van sowel die wense van die oorledene as die verwagtinge van naasbestaandes. Vanselfsprekend kan die afhandeling van die bestorwe boedel van ‘n persoon wat intestaat sterf ook heelwat langer neem weens die toename in die omvang van administrasie wat dit verg.
Hier volg ‘n paar wenke om te verseker dat jou bates na wense verdeel sal word na jou afsterwe:
Kontak gerus u verantwoordelike direkteur of vir Joanie Viviers by 021 840 1600 of joanie@asl.co.za indien ons u behulpsaam kan wees met die met die opstel van ‘n uitvoerbare boedelplan of met die opstel/hersiening van u testament.