Die omvang van die finansiële krisis waarin die wêreld gedompel is, is vinnig besig om ook vir Suid-Afrikaners ’n werklikheid te word. Dit is voorwaar nie net nog ’n ekonomiese insinking nie; dit is ’n tsunami van angswekkende afmetings.
Die nadraai is dít: Gordel intrek en vasmaak gaan hopeloos ontreikend wees. Op sigself sal dit doodgewoon net nie genoeg wees om die situasie te beredder en op vaste grond te kom nie. Die voorvereistes vir ekonomiese oorlewing, om nie eens te praat van groei nie, is oneindig meer ingewikkeld en veeleisend. By Aucamp Scholtz Lubbe glo ons dat dié voorvereistes ons noop om onder meer die volgende te doen:
Dít beskou ons as onmisbare elemente van enige ware en doegerigte poging tot ekonomiese oorlewing en, hopelik, hernieude groei.
Hierdie oortuiging word, ten diepste, bevestig deur ons bevordering van die kundige, ervare en toegewyde jong rekenmeester, Christa Mouton, tot maatskappydirekteur met ingang van 1 Maart vanjaar, asook ons aanstelling van ’n groep talentvolle en geesdriftige jong graduandi vroeër vanjaar.
Ons is oortuig dat hulle ons onderneming betekenisvol sal versterk.