Onsekerheid bestaan steeds in die sakewêreld oor die praktiese wisselwerking tussen maatskappye se aktes van inlywing en die nuwe Maatskappywet, 71 van 2008, wat op 1 Mei verlede jaar in werking getree het. Dit is egter in sakelui se beste belang dat hulle daarvan sal kennis neem dat hierdie wisselwerking in die periode vanaf die inwerkingtredingsdatum van die wet tot voor einde April 2013, anders sal wees as ná Mei 2013. Dit regsposisie is soos volg:
Wisselwerking ná Mei 2011 tot voor Mei 2013
In gevalle waar die bindende, kontraktuele voorwaardes in die akte van oprigting van ’n maatskappy strydig is met die bepalings van die nuwe wet, sal die bepalings van die akte voorrang hê bo die wetsbepalings. Dieselfde geld in die geval van aandeelhouersooreenkomste waarvan die bepalings strydig is met die nuwe wet.
Situasie ná 1 Mei 2013
Die posisie sal vanaf 1 Mei 2013 omgekeerd wees deurdat die Maaskappywet, in die geval van teenstrydigheid met aktes van inlywing en aandeelhouersooreenkomste, die botoon sal voer en die regsposisie sal bepaal. (Voorsiening word wel gemaak vir enkele uitsonderingsgevalle.) Dit beteken dat enige kontraktuele bepaling in ’n akte van inlywing of aandeelhouersooreenkoms, wat strydig is met die wet, nietig sal wees tot die omvang van die teenstrydigheid.
Voorts is dit belangrik dat sakelui en maatskappe ook sal kennis neem van die volgende:
Indien u of u maatskappy hulp in hierdie verband verlang, is u welkom om Arnold Scholtz of Pieter Aucamp by 021 840 1600 of onderskeidelik arnold@asl.co.za of pieter@asl.co.za te kontak.