Payment references for electronic payments to SARS
October 15, 2012
Tax relief on transfer of residential property from a trust or company or close corporation to individuals
October 15, 2012

Betalingsverwysings vir elektroniese betalings aan die SAID

Ons vind toenemend dat foutiewe betalingsverwysings gebruik word wanneer elektroniese betalings aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (“SAID”) gemaak word.  Omrede die SAID dan die betaling na die verkeerde belastingtipe allokeer kan daar soms rente en boete gehef word omdat die betaling wat oorspronklik bedoel was, te laat teen die korrekte belastingtipe gemaak word.

‘n Goeie voorbeeld is die geval waar die verwysing vir aangeslane belasting gebruik word wanneer voorlopige belasting betaal moet word.  As die belastingpligtige in daardie stadium geen uitstaande bedrag op sy/haar aangeslane rekening het nie, word die deposito na die belastingpligtige teruggestuur omdat die SAID nie bewus is dat die betaling eintlik vir voorlopige belasting bedoel is nie. Die voorlopige belastingrekening wys dan steeds ‘n uitstaande balans en boete en rente word gehef.

Hieronder is ‘n lys van die verskillende tipes belasting se rekeningname op die banke se internetblaaie en die formaat van die spesifieke  19-karakter betalingsverwysing wat gebruik moet word.

Daar is ook elektroniese betalingsfasiliteite vir Dividendbelasting, Dieselbelasting en Aksyns.

Skakel gerus met ons Belastingafdeling (tax@asl.co.za) indien u meer besonderhede sou benodig.