Aanhouwen het Donderdag, 13 Maart 2014, ons leuse – “Raising the Bar” – gestand gedoen deur die mees suksesvolle gholfdag tot nou toe aan te bied.
Ons het, soos gebruiklik, as hoofborg opgetree by die gholfdag wat ten bate van die Aanhouwen Werk- en Versorgingsentrum vir volwasse verstandelik gestremdes by die Strand Gholfbaan gehou is.
Hierdie is sekerlik een van die gewildste gholfdae wat jaarliks in die Helderbergkom aangebied word en die baan is reeds lank voor die tyd vol bespreek. Vanjaar se gholfdag was ‘n reusesukses en ‘n rekordbedrag van R400 000 is met die byeenkoms ingesamel danksy al die spanne wat ingeskryf het, die kopers van lootjies, die wynveiling en die donateurs.
Dit is vir ons as firma ‘n groot voorreg om Aanhouwen veral op hierdie dag te ondersteun en sodoende ‘n bydrae te lewer tot die wonderlike tuiste wat hulle aan die Aanhouwenners gee. Og Mandino het gesê: “There is no happiness in having or getting, but only in giving. Reach out. Share. Smile. Hug. Happiness is a perfume you cannot pour on others without getting a few drops on yourself”.
Ons is veral ook baie dank verskuldig aan al ons kliënte en sakevriende wat nie alleen hierdie jaar besonder mildelik bygedra het nie maar hierdie dag al die afgelope paar jaar ruimhartig ondersteun.
Ons hartlike dank aan die volgende:
VIERBAL-BORGE
Ons glo die fondse wat ingesamel word sal Aanhouwen in staat stel om spoedig ‘n fasiliteitsentrum te bou vir die Aanhouwenners. Indien u meer wil uitvind oor die werksaamhede van Aanhouwen kan u gerus hul webtuiste www.aanhouwen.co.za besoek of persoonlik by hulle aanklop te Drummerstraat 32, Somerset-Wes.