Ons het weer, soos gebruiklik, op Donderdag 22 Maart 2012 as hoofborg opgetree by die gholfdag wat ten bate van die Aanhouwen Sentrum vir volwasse verstandelik gestremdes by die Strand Gholfbaan gehou is.
Hierdie is sekerlik een van die gewildste gholfdae wat jaarliks in die Helderbergkom aangebied word en die baan is reeds lank voor die dag self vol bespreek. Vanjaar se gholfdag was ‘n reuse sukses en ‘n nuwe rekord bedrag van R320 000 is met die dag ingesamel danksy al die spanne wat ingeskryf het, die kopers van lootjies, die wynveiling en donateurs.
Dit is vir ons as firma ‘n groot voorreg om Aanhouwen veral op hierdie dag te ondersteun en sodoende ‘n bydrae te lewer tot die wonderlike tuiste wat hulle aan die Aanhouwenners gee. Ons is veral ook baie dankbaar aan al ons kliënte en sakevriende wat hierdie dag al die afgelope paar jaar ruimhartig ondersteun en dit hierdie jaar weer gedoen het en wil graag die volgende bedank:
Ons sien uit na ‘n nog meer suksesvolle 2013 gholfdag! Indien u meer wil uitvind oor die werksaamhede van Aanhouwen is u welkom om hulle te besoek by www.aanhouwen.co.za of Dummerstraat 32, Somerset-Wes.