Cash is King: How strategic placement affects your cash flow position
November 13, 2014
Personnel news
February 25, 2015

Personeelnuus

Nuwe personeel

Ilze Mey (Ouditbestuurder)

Ilze is oorspronklik van Bloemfontein in die Vrystaat en is die oudste van twee kinders.  Sy verwerf haar BRekHons aan die Universiteit van die Vrystaat in 2009 en kwalifiseer in 2013 as ‘n Geoktrooieerde Rekenmeester. Sy is tans besig met ‘n MCom in Rekeningkunde aan die Universiteit van Pretoria.  Ilze is met Marcell getroud en hulle is in Somerset-Wes woonagtig. Sy hou van kunsfilms en teater, verken graag nuwe plekke en is lief om in die natuur te stap.

Interne aanstellings

Die volgende interne aanstellings is gemaak.Ons wens hulle alles van die beste toe, en is opgewonde oor hul volgende fase van betrokkenheid by ASL!

Danie van Zyl (Ouditbestuurder)

Danie het sy SAIGR-klerkskap by ASL in 2012 begin en gaan in 2015 aanbly as Ouditbestuurder. Hy kom van Porterville en het sy BRekHons graad in 2011 aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Hy het die SAIGR se eerste en tweede kwalifiserende eksamens met sy eerste probeerslag geslaag. Gedurende sy studentejare was hy ’n trotse inwoner van Eendragmanskoshuis en hy is steeds betrokke by die koshuis as afrigter van die koshuis se eerste rugbyspan.

Ceri-Anne Hill (Kleinsakebestuurder)

Ceri-Anne het haar SAIPA-klerkskap in 2012 by ASL begin en sal in 2015 as Kleinsakebestuurder in ons Rek-afdeling aanbly. Sy is oorspronklik van Somerset-Wes en het haar studies in Stellenbosch in 2011 voltooi. Sy is ’n kranige netbalspeler en verteenwoordig ASL op ’n gereelde basis in die plaaslike action-netballiga. Ceri-Anne skryf in November haar SAIPA kwalifiserende eksamen en ons hou styf duim vas dat dit goed sal gaan!

Cherilee Lötter (Ouditsenior)

Cherilee voltooi haar SAIGR-klerkskap aan die einde van 2014 by ASL en sal in 2015 aanbly as Ouditsenior.

Dewald Gerber (Ouditsenior)

Dewald bly vir nog ’n jaar aan as Ouditsenior en ons sien uit na die leiding wat hy in 2015 vir die nuwelinge sal gee asook die ondersteuning wat hy vir Jana Haasbroek sal bied.

Verlowings

Annelie Dreyer het in September op Leeukop in Kaapstad aan Willem Naudé verloof geraak. Hulle beoog om op 14 Maart 2015 te trou en gaan hulle dan op Vereeniging vestig. Annelie beëindig dus haar klerkskap by ASL en verhuis aan die einde van die jaar na Gauteng om by Willem aan te sluit. Ons wens hulle alles van die beste toe met die reëlings en die trek.

Thandi Emmink trou in Maart 2015 met Struan Robertson en beëindig haar klerkskap by ons om einde Januarie in Richardsbaai by Struan aan te sluit. Ons beste wense vergesel ook vir hulle met die trek en al die ander reëlings.

Dewald Gerber en Roxanne Johnston trou op 14 Maart 2015, waarna hulle hul in Kuilsrivier gaan vestig. Ons wens hulle sterkte toe met die laaste reëlings wat nog voorlê.

Ooievaarsbesoek

Christa en Ben Swart geniet klein Lizette wat op 23 Julie haar opwagting gemaak het, terdeë.  Dis met ‘n baie swaar hart dat Christa op 17 November terugkeer na die kantoor.

Geraldine en Alfred Zeegers ontvang hierdie jaar ‘n baie spesiale Kersgeskenk!  Hul pienk bondeltjie vreugde maak in Desember haar opwagting en die nuwe ouerpaar kan nie wag om hul eersteling in die wêreld te verwelkom nie.

Mariska en André Bloemhof word in Februarie 2015 nog ‘n baba ryker.  Ons weet nog nie of hulle moet gereed maak vir pienk of blou nie, maar ouboet Tiaan sien baie uit na sy nuwe speelmaat!

Lihan en Chanelle Badenhorst sluit in Mei 2015 ook aan by die ouerskapbrigade met hul eersteling wat dan verwag word.  Ons hoop alles verloop goed met die swangerskap!

Lang diens

Joyce Mtshotshisa staan op die kruin van haar negende jaar as ASL-personeellid.

Joyce het op 10 Januarie 2006 by die firma aangesluit en sommer gou haar rol haar eie gemaak. Ons vermoed dat Joyce se koffie en koekies wat altyd gereed staan waar daar met kliënte gekonsulteer word, die belangrikste rede is vir die gereelde besoeke van kliënte! Verder is sy ook ‘n groot invloed in ASL se enjinkamer in die Ouditdepartement waar sy dikwels ons klerke red met ‘n tydige koppie koffie of soms net met haar vriendelike teenwoordigheid.

Ons sê baie dankie aan Joyce vir haar lojaliteit, vriendelikheid en diens oor die jare heen en vertrou dat sy vorentoe steeds veel sal bydra tot ASL se sukses.

Bedankings

Lolita Schoeman het in Oktober bedank om ‘n loopbaanskuif te maak.

Neasa May voltooi haar SAIPA-leerkontrak in Desember. Sy gaan in Januarie by Novare Holdings (Pty) Ltd in Bellville aansluit as Junior Rekenmeester.

Christof Kruger voltooi sy SAIPA-leerkontrak in November. Hy het ‘n opwindende geleentheid as Cost Accountant by ‘n maatskappy in Zambië aanvaar en spring al op 1 Desember 2014 daar aan die werk.

Martin Smit verlaat ASL ook aan die einde van November. Hy het ‘n pos as Finansiële Rekenmeester aanvaar by KLK Landbou Bpk. in Upington in die Noord-Kaap.

Cecil Mulligan gaan einde Desember ook ons diens verlaat om sy vlerke te sprei, waarskynlik meer in ‘n finansiële dienste-/beleggingsomgewing.

Tanya Lombard verlaat ASL in Desember na amper vyf jaar van diens. Sy het ‘n geleentheid by Livewell in Somerset-Wes as Systems Control Manager / Payroll Administrator aanvaar en sal in Januarie 2015 by hulle inval.

Lihan Badenhorst voltooi sy SAIPA-leerkontrak einde Desember en gaan in Januarie by Real Time Accounting in Durbanville aansluit.

Stephan Smit voltooi sy SAIGR-klerkskap in Januarie en gaan na alle waarskynlikheid die loopbaanmoontlikhede buite Suid Afrika se grense toets.

Gerrit Nieuwoudt voltooi in Januarie sy SAIPA-leerkontrak.

Anene Visser verlaat ons in Desember om haar loopbaan elders voort te sit.

Ons wens hulle elkeen net die beste toe en bedank hulle vir hul getroue diens, goeie gees en bydrae by ASL. Hulle sal verseker gemis word!

Op jul merke…gereed…ontspan!

Diegene wat vertroud is met belastingsperdatums weet dat Augustus en September twee maande is wat ‘n ouditeursfirma met graagte sal verruil vir nog ‘n April of Desember op die kalender.  Stresvlakke styg aansienlik gedurende die tyd en dis glad nie buitengewoon om soggens kantoor toe te kom terwyl dit nog donker is en vanaand weer huis toe te gaan wanneer dit alreeds donker is nie.  ‘n Normale werksdag het net nie genoeg ure om al die werk af te handel nie.

Gelukkig sê die spreekwoord “Elke donker wolk het ‘n silwer randjie”. Ons silwer randjie was ‘n heerlike bederfsessie op Maandag, 29 September, toe die personeel met ‘n halfuurlange rug- en skouermassering bederf is.  ‘n Span van tien studente van die Francois Retief Sport and Wellness Centre het teen middagete by die kantoor opgedaag met beddens, handdoeke en masseerolie en die res van die middag het almal ‘n beurt gekry om te ontspan terwyl die stresknoppe aan die skouers uitgevryf is.

Dankie aan die direkteure wat hul personeel se welstand op die hart dra.  Ons waardeer julle net soveel as wat julle ons waardeer!

’n Paar kommentare uit personeelgeledere:

Baie dankie, dit was flippen lekker!!

Baie dankie hiervoor, dit is nou omtrent ‘n treat en was geweldig lekker! 

Ek kan dit nie anders stel nie: MOERSE baie dankie!!!  Dit was nou great!

Dit was nou ‘n lekker bederf!

O jinne, dit was nou lekker!!!  Baie dankie…odd feeling om half kaal in die opleidingskamer te wees…Maandagoggende lyk daardie vertrek darem heelwat anders as vandag!

Action netball, winter league feedback

The winter action netball mixed team league commenced on Monday 4 August. We knew that this season we could only fare better than in the past seasons, the summer and autumn leagues, where we narrowly lost out on playing in the finals.

We were very excited to start afresh with a versatile team of ten players; namely The Shooter, The Determined One, The Ninja, Captain, “Die Meerkat”, The Fairy, The Timer, The Machine, Coach Carter and The Jock. We were determined to prove to ourselves, ASL, and our competitors, that our team had improved tremendously during the previous six months, and that we were a team to be reckoned with. We were definitely the team with the most spirit and the strongest will to win. I say this, because it did not take much effort for us to reach the semi-finals. In the semi-finals, we played against Hoops, we did it again. We definitely gave them a run for their money to draw 18 all. As the log would have it, we qualified to play for third position against The Deadly Team. This was the game we were looking forward to the most, as all we wanted was a medal! We played our hearts out, and put The Deadly Team in their place by beating them handsomely.

We look forward to the Spring league, especially thanks to Coach Carter’s speech, as we are planning to play in the finals again – not for bronze, but for GOLD!

netbal

Aanhouers Wen

Na jare se swoeg voor die potjies, interne kompetisie en baie sonbrand het ons eindelik ‘n potjiekoswenner. Die jaarlikse Aanhouwen Potjiekoskompetisie is op Saterdag 25 Oktober gehou en ASL het oudergewoonte weer ‘n paar potjiemakers gehad wat deelneem. Dewald en Danie het al van vroeg af begin potjie maak terwyl Hanno effe later weggespring het met sy potjie. Tipies rekenmeester was dit tot op die minuut beplan…dalk TE op die minuut. Al drie die potjies was baie lekker, maar uiteindelik het Dewald as die algehele wenner weggestap. ASL het ook die gees-prys ontvang, wat dalk te danke was aan Danie se dansies om die potjies. Baie geluk Dewald!!