Benefits of “the cloud” you probably have not yet considered
May 31, 2019
Personeelnuus
May 31, 2019

2019 Budget update

Op Woensdag 20 Februarie 2019 was alle oë op die Minister van Finansies in die Parlement, waar hy sy begrotingsrede gelewer het. Gegewe die feit dat die regering en land hulself in 2019 in ’n verkiesingsjaar bevind, was minimale veranderinge verwag en was dit dan toe ook aan die orde van die dag.

Vir die eerste keer in ’n aantal jare is daar geen veranderinge aan persoonlike inkomstebelastingtabelle aangebring nie en persoonlike inkomstebelastingkoerse bly onveranderd. Nasionale Tesourie het egter marginale aanpassings aan kortings gemaak.

’n Kort opsomming van die belangrikste voorstelle vir die 2019-begroting volg:

  • ’n Verhoging van 1,1% in die primêre, sekondêre en tersiêre kortings vir individue, wat ’n klein mate van verligting vir inflasie bied. Die verandering in die korting sal die belastingvrye drempel van R78 150 tot R79 000 verhoog.
  • Die mediese belastingkrediete, wat gewoonlik aangepas word vir inflasie, bly  onveranderd en beloop R3 720 per persoon per jaar vir die eerste twee lede en R2 508 per persoon per jaar vir elke addisionele lid.
  • Rentevrystellings vir persone onder en bo 65 jaar bly onveranderd (R23 800 en R34 500 onderskeidelik).
  • Die algemene brandstofheffing sal met 29 sent per liter styg vir petrol en diesel met 30 sent per liter (effektief 3 April 2019).
  • Aksynsbelasting op tabakprodukte en alkohol sal met tussen 7,4% en 9% styg (effektief 1 Maart 2018).
  • Geen veranderinge aan korporatiewe belastingkoerse, BTW of dividendbelasting.
  • Nulkoersbelasting op witbroodmeel, koekmeel en sanitêre doekies vir BTW-doeleindes vanaf 1 April 2019.

Hierdie lys is nie volledig nie. U is welkom om ASL se elektroniese belastinggids van ons webwerf af te laai – KLIEK HIER.

Moenie huiwer om ons te kontak (tax@asl.co.za of 021 840 1600) indien u enige navrae oor die wetswysigings het of as u graag wil hê dat daar na u belastingsake gekyk word. Ons sal graag met u in gesprek wil tree om te bepaal hoe ons hierdie behoeftes kan aanspreek.