Boodskap van die direksie: Hou ons op hoogte!
May 7, 2015
Predicting Performance
June 1, 2015

Nuwe personeel

Catherine Roelofse (Finansiële Assistent) _ 1 April 2015

Catherine is oorspronklik van Kuruman in die Kalahari. Sy is bevoorreg om een van ʼn tweeling te wees. Dié tweeling matrikuleer in 1996 te Hoërskool Kalahari in Kuruman. Catherine het ʼn pragtige tiener dogter, Cheree, wat nou 15 jaar oud is, en om wie haar hele bestaan draai. In 2008 het die Roelofse gesin hul Kalahari skoentjies weggepak en Kuruman vir die Kaap verruil. Catherine hou van tuinmaak en onthaal en sal graag eendag Thailand, wat volgens haar een van die mooiste plekke in die wêreld is, wil besoek.

Ilze Haarhoff (Ouditsenior) _ 1 Julie 2015

Ilze is gebore en getoë in Pretoria, die Jakarandastad. Sy matrikuleer in 2008 vanaf die Hoërskool Waterkloof. Ilze verwerf haar BCom graad in Geoktrooieerde Rekenmeesterskap in 2012 aan die Universiteit van Suid-Afrika. Sy is tans besig met haar honneursgraad. Sy hou baie van lees, stap en beoefen graag kuns as sy tyd kry. Verder kuier/ braai sy graag saam met vriende. Sy is mal oor diere en het vier yorkshire-terriërs by die huis. “Ek wil gereeld toer, en New York is een van die plekke wat ek baie graag eendag sal wil besoek.”

Monique Muller-Abrahams (Ontvangs) _ 1 Julie 2015

Moniqe is in die pragtige Stellenbosch gebore, en het ook daar groot geword. Sy is die jongste van drie susters, en het in 2002 by Lückhoff Hoër Skool gematrikuleer. Monique verwerf ʼn diploma in “Therapeutic Massage Therapy” en werk onder andere by Zorgvliet en Lanzerac, alvorens sy by ASL aansluit. Sy en haar man ken mekaar al 10 jaar en hulle was bevoorreg om vir ʼn jaar lank deur die Kanariese Eilande te toer. Sy is baie lief vir lees, musiek, toer en om nuwe mense te ontmoet.