Op Woensdag 20 Februarie 2019 was alle oë op die Minister van Finansies in die Parlement, waar hy sy begrotingsrede gelewer het. Gegewe die feit dat die regering en land hulself in 2019 in ’n verkiesingsjaar bevind, was minimale veranderinge verwag en was dit dan toe ook aan die orde van die dag.
Vir die eerste keer in ’n aantal jare is daar geen veranderinge aan persoonlike inkomstebelastingtabelle aangebring nie en persoonlike inkomstebelastingkoerse bly onveranderd. Nasionale Tesourie het egter marginale aanpassings aan kortings gemaak.
’n Kort opsomming van die belangrikste voorstelle vir die 2019-begroting volg:
Hierdie lys is nie volledig nie. U is welkom om ASL se elektroniese belastinggids van ons webwerf af te laai – KLIEK HIER.
Moenie huiwer om ons te kontak (tax@asl.co.za of 021 840 1600) indien u enige navrae oor die wetswysigings het of as u graag wil hê dat daar na u belastingsake gekyk word. Ons sal graag met u in gesprek wil tree om te bepaal hoe ons hierdie behoeftes kan aanspreek.