2014 – another year
February 13, 2014
Ons Bestuur / Our Management
April 11, 2014

2014 – nog ‘n jaar

ASL_1Die lirieke van Counting Crows se trefferliedjie, A Long December, bevat ‘n eeue ou waarheid: “There’s reason to believe maybe this year will be better than the last”.

Terwyl ‘n nuwe jaar die geleentheid bied vir ‘n nuwe begin na ‘n waarskynlik verfrissende somervakansie, is dit so dat vroeëre ervarings veel waarde bied.

Nogtans, en ondanks die beloftes wat elke nuwe jaar in die “voel goed”-tydskrifte gemaak word, sal hierdie jaar nie anders as die vorige een wees nie. Dit sal nie anders wees as ons nie ons gedagtes, drome en vorige ervaringe in baie spesifike doelstellings beliggaam nie. Die jaar sal beslis nie anders wees as ons nie ons handelinge daarop rig om hierdie doestellings te bereik nie.

Jou ideale mag ingestel wees op jou besigheid, jou werk/lewe-balans of jou gesondheid – soek maar uit – maar maak seker dat jy tot aksie oorgaan om 2014 te laat tel.

Ons gaan dit beslis doen.

Pieter, Arnold en Christa