Theres an increase in VAT. Remember that.
March 20, 2018
Geldige BTW-faktuurvereistes vir BTW-ondernemers
April 6, 2018

Toename in BTW. Neem kennis van dié idee.

In die begrotingsrede op 21 Februarie 2018, het die Minister van Finansies aangekondig dat die BTW koers vanaf 1 April 2018 van 14% na 15% gaan verander.

Hiermee ’n paar belangrike punte om van kennis te neem met hierdie BTW-koersverandering:

  • Ons herinner u daaraan om vanaf hierdie datum u rekeningkundige stelsel só aan te pas om te verseker dat fakture wat teen die standaardkoers gelewer word, teen die nuwe koers uitgereik word.
  • Indien u van Xero Accounting gebruik maak; hulle het ons reeds verseker dat die BTW-koers aanlyn deur hulle verander gaan word met effek vanaf 1 April 2018.
  • Indien ons verantwoordelik is vir u onderneming se maandelikse rekeningkundige dienste en/of indiening van u BTW-opgawe, kan u gerus wees dat ons die korrekte BTW-koers sal toepas.
  • Let ook daarop om u aankoopsfakture na te gaan en seker te maak dat die koersverandering ook daarop aangebring is, ten einde te verseker dat u die korrekte bedrag terugeis van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens.

‘n Gids wat die praktiese implikasies van die verandering in die BTW koers opsom, kan by die skakel afgelaai word HIER.

Indien u enige verdere navrae het, is u welkom om met ons rekeningkundige afdeling kontak te maak om die onduidelikheid uit te stryk.