ASL celebrates Mandela Day
September 1, 2017
ASL’s 19th Birthday Celebration
September 1, 2017

ASL vier Mandela Dag

“Onderwys is die sterkste wapen wat jy kan gebruik om die wêreld te verander.” Dit is die wyse woorde van Nelson Mandela, wat ASL geïnspireer het om die Tereo Gemeenskapskool te ondersteun vir Mandela Dag.

Ons het besluit om voor die begin van die werksdag almal bymekaar te kry om ons 67 minute te spandeer om ’n “middagetepakkie” vir elke kind te maak, wat ’n worsrolletjie, koeldrank, vrug, iets soets en ’n speelding ingesluit het. Teen middagete het ons die voorreg gehad om die skool te besoek en om met die kinders te sosialiseer terwyl ons hulle middagetepakkies uitgedeel het. Ons het ook die voorreg gehad om na die kinders te luister wat vir ons gesing het. Dit het ons harte warm gemaak.

Die dag was ’n viering van Mandela se lewe en nalatenskap, terwyl ons steeds saamstaan om Suid-Afrika ’n beter plek te maak.

KLIEK HIER vir die Event Gallery