Making business easier
March 2, 2017
Die 2017 Begrotingsrede
April 5, 2017

ASL se deelname aan CANSA Relay for Life

Die jaarlikse CANSA Relay for Life, ‘n internasionale beweging in die stryd teen kanker, het op Saterdag 25 Februarie in Somerset-Wes plaasgevind en, soos in die verlede, het ASL weer daaraan deelgeneem.

Die geleentheid is vanjaar by Hottentots Holland Hoërskool gehou en het behels dat aflosspanne vir 12 ure ononderbroke om die rugbyveld stap.

Vanjaar se tema was “Karnaval” en die personeel het oudergewoonte die geleentheid met die kenmerkende ASL-gees aangepak.

Ons plaas graag ‘n paar foto’s van die geleentheid en nooi u uit om by www.relayforlife.org.za te kyk vir verdere besonderhede oor die CANSA Relay for Life beweging in Suid-Afrika.

Kliek hier om nog fotos te sien!