ASL participates in the CANSA Relay For Life Helderberg
March 7, 2018
Audit = yearly headache and unnecessary expense? Welcome to the ASL approach
March 8, 2018

ASL neem deel aan die CANSA Relay For Life Helderberg

ASL het vir die sesde agtereenvolgende jaar deelgeneem aan die CANSA Relay For Life te Hoërskool Hottentots-Holland, Somerset-Wes, wat plaasgevind het op Saterdag 24 Februarie 2018.

Die geleentheid vind jaarliks plaas waar die gemeenskap bymekaar kom om erkenning te gee aan dié wat die stryd teen kanker verloor het, en ook dankbaarheid te toon teen die wat kanker oorwin het.

Dié jaar se tema was die 80’s en soos oudergewoonte het ons die tema met oorgawe uitgebeeld deur toepaslik aan te trek.  Ons tema was “Let’s get physical”.

Ons deel graag die geleentheid met ’n paar fotos en nooi u vriendelik uit om aan te sluit by die CANSA Relay for Life Helderberg Facebook-blad.

Kliek hier vir die Facebook & ons Events page