Belangrikheid van likiditeit in ‘n boedel
July 30, 2018
Some things just get better with age…
July 30, 2018

Sommige dinge raak net beter met ouderdom…

1 Augustus merk jaarliks ‘n belangrike gebeurtenis op die ASL kalender – die dag wat stigterslid Pieter Aucamp sy visie om ‘n suksesvolle en gerekende ouditeursfirma op die been te bring, in werking gestel het.  Hierdie jaar vier ASL sy twintigste bestaansjaar met trots en dankbaarheid.

Alhoewel Pieter sy droom in werking gestel het, was daar deurlopend kollegas en personeel wat saam met hom hierdie droom gedeel het en uitgebou het tot waar ASL vandag is.

Vandag bestaan die ASL leierskapspan uit 4 direkteure wat almal dieselfde visie deel:  Om ‘n dinamiese firma te wees wat langtermyn verhoudings met ons kliënte bou deur diens van hoogstaande gehalte te lewer.  Om dit te bereik bied ASL ‘n werksomgewing waarin ons personeel floreer en deur middel van organiese groei elkeen die geleentheid bied om te verbeter en te groei, nie net tot ASL se voordeel nie, maar ook tot sovele werkgewers wat oor die jare van ons personeel in diens geneem het.

By ASL poog ons om voortdurend innoverende oplossings aan ons kliënte te bied om hul sukses en winsgewendheid te verhoog en hul dienservaring by ons te verbeter, maar ook om aan te pas by veranderde omstandighede van kliente en voldoening aan industrie- en ander wetswysigings.  Sodoende posisioneer ons onsself op die voorgrond van die industrie waarin ons beweeg.  Ons is trots op die “South African Xero Accounting Partner of the Year 2017” toekenning wat ons verlede jaar by die internasionale Xero konferensie in Londen ontvang het en ook die feit dat ons vir twee jaar die Helderberg Sakekamer se toekenning vir “Professionele besigheid van die jaar” ontvang het.  Ons meet ook ons sukses aan baie van ons kliënte se suksesverhale en die pad wat ons saam met hulle stap.

Daar is ‘n gesegde wat lui: “The achievements of an organization are the results of the combined efforts of every individual”.  ASL se sukses is te danke aan die feit dat ons omring word deur die beste:  Kliënte, personeel, professionele netwerk en diensverskaffers.  Ons sê opreg dankie aan elkeen se aandeel in ASL se suksesverhaal, veral aan dié wat van dag een af hierdie droom saam met ons help uitbou en verwesenlik het.

Ons sien daarna uit om ‘n langtermyn, vervullende verhouding met elkeen van ons bestaande kliente voort te sit en ook nuwe verhoudings te bou wat tot almal se voordeel sal wees.

Pieter, Arnold, Christa en Jaco