Customer service – the second strategic objective of our audit department
June 6, 2018
Omheining van verliese (Artikel 20A) vir natuurlike persone
June 6, 2018

Salarisafdeling

Met die EMP501-rekonsiliasies vir die jaar geëindig Februarie 2018 wat teen 31 Mei 2018 ingedien moet wees by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (die SAID) sowel as die W.As 8 2017 Opgawe van Verdienste (Return of Earnings) by die Departement van Arbeid, is dit nodig om u daaraan te herinner dat die volgende boetes gehef kan word:

  • die nie- of laat indiening van hierdie EMP501-rekonsiliasie kan lei tot ’n 10% boete van die belastingjaar se werknemersbelastingaanspreeklikheid; en
  • die laat indiening van die W.As 8 2017 Opgawe van Verdienste  by die Departement van Arbeid kan 10% van die aanslag bedrag beloop.

Ons Salarisafdeling maak gebruik van elektroniese salarisregisters wat hulle in staat stel om hul onderliggende waardes van doeltreffendheid en betroubaarheid behoorlik te handhaaf en sodoende te verseker dat akkurate inligting aan die SAID en die Departement van Arbeid betyds voorsien word om enige boetes te vermy.

Indien u enige hulp benodig met die voltooiing van u EMP501-rekonsiliasies en W.As 8 2017 Opgawe van Verdienste, moenie huiwer om vir Corne Moss of Charlene van Rensburg by 021 840 1600 of salaries@asl.co.za te kontak nie.