31 Augustus 2017 is die sperdatum vir die indiening van die 1ste Voorlopige Belastingopgawe (IRP6) vir alle voorlopige belastingbetalers met Februarie 2018 jaareindes en die indiening van die 2de IRP6-opgawes vir entiteite met Augustus 2017 jaareindes. Met die meeste belastingbetalers (meeste maatskappye / beslote korporasies en alle individuë / trusts) wat Februarie-jaareindes het, verwerk ons ’n beduidende hoeveelheid IRP6’s gedurende Augustus.

Indien enige van die bogenoemde kriteria u raak, kan u korrespondensie van ons kantoor verwag teen einde Julie / begin Augustus.

Verder, is dit die moeite werd om te noem dat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) ’n opgedateerde uitlegnota (Interpretation Note No 1 – Issue 2) oor voorlopige belasting uitgereik het. Die SAID pas ’n strenger benadering tot IRP6 opgawes toe en ons ervaar ’n toename in IRP6 oudits, selfs waar die syfers op die vorige jaar se aanslae gebaseer is (d.w.s die basiese bedrag). Alhoewel dit steeds algemene praktyk is, veral vir die eerste voorlopige belastingtydperk, om hierdie basiese bedrae te gebruik, beveel ons sterk aan dat u kontak maak met u verhoudingsdirekteur indien u inkomste wesenlik van die vorige jaar verander het.

Indien u onseker is of u voorlopige belasting moet betaal, kan u ook u verhoudingsdirekteur of vir Jaco van Straaten (jaco@asl.co.za) kontak.

Kliek hier vir bron.

Nuusflits | Voorlopige belasting
Tagged on: