Wat?

Elke keer as u pakkette en aanbiedings soos Dropbox, iCloud en Office365 gebruik, gebruik u eintlik die “cloud”. Eintlik is die “cloud” ‘n platform om data en sagteware aanlyn toeganklik te maak, enige tyd, enige plek, vanaf enige toestel.

ASL Cloud is ons “cloud” rekeningkundige aanbod wat u rekeningkundige omgewing effektief na die “cloud” verskuif en die behoefte aan rugsteunkopieë en sagteware opgraderings verwyder.

Die ruggraat van ons ASL Cloud-aanbod is die gebruik van Xero Accounting, ‘n platform wat in 2007 uit niks in Nieu-Seeland begin is en in Maart 2017 een miljoen intekenaars wêreldwyd gehad het.

Waarom?

ASL Cloud stel u organisasie in staat om Xero Accounting se eienskappe te gebruik, insluitend hul kragtige kunsmatige intelligensie en vermoë om by ‘n verskeidenheid van toestelle aan te pas, plus ‘n hele ekosisteem randtoestelle.

Effektiewe gebruik van die beskikbare tegnologie sal die administratiewe las in u organisasie verlig terwyl besigheidsbesluitneming en kontantvloeibestuur verbeter word.

As ‘n Xero Gold Champion-vennoot, met ongeveer 20 Xero-gesertifiseerde adviseurs in ons span, kan ASL effektief u “cloud” rekeningkundige omgewing ontwerp, implementeer of bestuur.

Waar?

Ons nooi u uit om ons ASL Cloud-webtuiste by cloud.asl.co.za te besoek. Ons bied ASL Cloud parallel tot die ASL Groepsaanbiedings, maar met die “cloud” webtuiste wat eksklusief fokus op hoe u “cloud” rekeningkunde tot u voordeel kan benut.

Voel vry om hier op ons ASL Cloud-nuusbrief in te teken, wat nie net sal fokus op die gebruik van die Xero-platform en randtoestelle nie, maar ook hoe om besigheid in die algemeen makliker te maak.

Indien u steeds wonder of Xero by u organisasie sou pas, volg hierdie URL om’n gevoel te kry van hoe Xero u lewe in u spesifieke industrie kan verbeter. Dit word reeds deur een miljoen intekenaars wêreldwyd gebruik, insluitend welbekende plaaslike organisasies soos Yuppiechef en Truth Coffee Roasting.

Vir meer inligting en om ons te kontak met u navraag, besoek cloud.asl.co.za en teken in op ons maandelikse ASL Cloud-nuusbrief.

ASL Cloud. Minder papierwerk. Beter kontantvloei.