Payroll administration: Does your business really have the resources to attend to it yourself?
April 5, 2017
ASL Group
April 5, 2017

ASL Groep

Ons waardes

Ons is ‘n dinamiese en professionele span met ‘n sterk werksetiek wat ‘n diverse reeks dienste aan ons gewaardeerde kliënte lewer.

Met ‘n positiewe ‘ons kan en wil graag help’ gesindheid bou ons  langtermynverhoudings wat wedersyds voordelig is en word ons gemotiveer om diens van uitstaande gehalte te lewer .

Watter dienste word deur ons groep aangebied?

Ons volg ‘n kliëntgeoriënteerde benadering wat waarde toevoeg en risiko’s verminder en ons dienste kan as volg opgesom word:

  1. Oudit- en ander gerusstellingsdienste

    Of u op soek is na vrywillige of statutêre ouditdienste of eerder wil hê dat u daar ‘n onafhanklike oorsig op u rekords uitgevoer word, ons het ‘n toegewyde span om dit te doen en hulle word bestuur deur drie gekwalifiseerde ouditbestuurders.
  1. Rekeningkundige dienste (maandeliks sowel as jaarliks)

    Die opstel van jaarlikse finansiële state, maandelikse bestuurstate, die voltooiing van belastingopgawes, asook die toenemende groei in behoeftes en navrae in “cloud accounting”, vorm die kern van die dienste wat gelewer word deur ‘n groep ervare rekeningkundige bestuur en personeel.
  1. Ondersteuningsdienste

    a. Salarisadministrasie : Die dienste word ontwerp en uitgevoer om u besigheid se las met die herhalende en tydrowende taak van salarisadministrasie te verlig.

    b. Korporatiewe beheer : Ons verseker behoorlike, tydige en akkurate administrasie van maatskappy-sekretariële rekords.

    c. Belastingadministrasie en -voldoening : Ons spesialisafdeling sien kundig om na u belastingadministrasie ten einde te voldoen aan voortdurende verandering in belastingwetgewing.
  1. Adviesdienste

    ASL Advisory is ‘n maatskappy in ons groep wat hoofsaaklik besigheids-, strategiese- en transaksieadviesdienste aan ons kliëntebasis en die bedryf in sy geheel bied.  Ons help graag, hetsy u ’n besigheid of dienste wil koop of verkoop, of besig is om te groei, te investeer of te disinvesteer.
  1. Testamente, boedels en trusts

    ASL Trustdienste spesialiseer in boedelbeplanning, -strukturering en -administrasie. Ons kundige span hanteer die opstel en hersiening van testamente, die oprigting van en wysigings aan ‘n trust en die bereddering van bestorwe boedels.

Wil u ons skakel?

Stuur gerus ‘n epos met u behoefte en die nodige agtergrondinligting aan  leads@asl.co.za waarna die aangewese persoon u sal skakel.

Besoek ook gerus ons webtuiste indien u meer oor ASL en ons geskiedenis wil uitvind.