ASL’ers stap vir kanker!!
March 2, 2016
The coming of the Second Machine Age?
April 13, 2016

Personeelnuus

Nuwe Personeel

In Maart en April verwelkom ons ‘n paar nuwe gesigte, asook ‘n bekende een, by ASL.

Mag elkeen van julle se reis met ASL die verpersoonliking wees van ons firma se  filosofie! Ons wens julle alles van die beste toe.

Neasa May (Senior Belastingnakomingskonsultant)

Neasa kom oorspronklik van Raithby, ‘n klein plekkie tussen Somerset-Wes en Stellenbosch. Sy het in 2011 die graad BCom (Finansiële Rekeningkunde) aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf en daarna haar 3-jaar SAIPA-klerkskap hier by ASL voltooi. Neasa woon graag in haar vrye tyd musiekopvoerings by en geniet dit ook om fisies aktief te te bly, veral deur te draf.

Jacques Lochner (Ouditbestuurder)

Jacques is in Pretoria gebore en het in Grabouw en Somerset-Wes grootgeword. Hy het sy BRekHons in 2010 aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi en in 2014 as ‘n geoktrooieerde rekenmeester gekwalifiseer. Hy het sy klerkskap by Mazars in Kaapstad gedoen en daarna nog ‘n jaar by hulle aangebly as ouditsenior. As ouditsenior het Jacques ook vir Mazars in New York werk gedoen.  Hy het ook een jaar ondervinding buite die ouditbedryf opgedoen. Vir ontspanning geniet Jacques  dit om tyd in die buitelug deur te bring, om ‘n bietjie kultuur in die vorm van teater- en musiekopvoerings te ervaar en veral om wynplase en restaurante te besoek.

Megan Marais (Menslikehulpbronbestuurder)

Megan het Bedryfsielkunde aan die Universiteit van Stellenbosch gestudeer en  in 2014 haar Meestersgraad (cum laude) verwerf met ‘n verhandeling getiteld “The development and empirical evaluation of a work engagement structural model”. In 2015 het sy haar Bedryfsielkunde-internskap by Assesment Centre Technologies voltooi. Sy is as sielkundige geregistreer by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (HPCSA). Megan is passievol oor die maksimalisering van individuele potensiaal in die werkomgewing. Sy volg ‘n aktiewe lewenstyl, geniet die buitelug en spandeer graag tyd saam met haar familie en vriende.

Van wie neem ons afskeid?

Shana Tredoux het ASL aan die einde van Maart verlaat om haar ervaringsveld as finansële bestuurder te verbreed. Ons wens haar net die beste toe op die pad vorentoe!